Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Upington, Sir Thomas
Upington, Sir Thomas [boodskap #124310] Vr, 18 Januarie 2019 07:19
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Thomas Upington was die Eerste Minister van die Kaapkolonie en regter van die Hooggeregshof. In 1844 naby Cork, Ierland gebore; studeer aan Trinity College, Dublin. Daar word hy in 1867 tot die balie toegelaat. In 1874 kom hy as gevolg van swak gesondheid na Suid-Afrika en begin met ’n praktyk. Hy tree op die voorgrond en in 1878 word hy aangestel as Prokureur-generaal. Van 1884 tot 1886 was hy Eerste Minister. Hy keer terug tot die praktyk en word in 1892 regter totdat hy in 1896 bedank om tot die politiek toe te tree. In die Kabinet van sir Gordon Sprigg het Upington weer Prokureur-generaal geword. Op 10 September 1898 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Upington, Beauclerk
Volgende onderwerp: Upper Kubusi
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:52:58 MGT 2024