Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Union-Redery (Union Steamship Co.)
Union-Redery [boodskap #124303] Vr, 18 Januarie 2019 06:44
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Union-Redery (Union Steamship Co.) was die eerste gereelde Suid-Afrikaanse stoomskipdiens na Engeland. In 1853 gestig as die "Union Steam Collier Co.", maar in 1857 is dit verander na passasiersdiens toe die eerste skip, die Dane, in Kaapstad aangekom het. Daarna het dit die poskontrak gekry wat dit van 1876 af met Castle-redery gedeel het. Die skepe het al om die ander week geseil. In 1900 het die twee maatskappye saamgesmelt in die Union-Castle-redery. Teen daardie tyd het die Union-redery oor 19 skepe van altesaam 104,107 ton beskik.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Unionistiese Party
Volgende onderwerp: United Federal Party
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:06:42 MGT 2024