Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Union-Castle-Redery
Union-Castle-Redery [boodskap #124299] Vr, 18 Januarie 2019 06:39
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Union-Castle-Redery is in 1900 gestig as gevolg van die samesmelting van die Union en die Castle-rederye. Ten aanvang het die firma Donald Currie & Co. dit nog bestuur, maar in April 1921 is die beheer oorgeneem deur die Royal Mail Steam Packet Company waarvan sir Owen Phillips (later lord Kylsant) aan die hoof was. In 1932 is hierdie reëling beëindig toe die Union-Castle Mail Steamship Company sy onafhanklikheid hervat het. In 1956 is die beheer oorgeneem deur die Cayzer, Irvine-groep, (met lord Rotherwick aan die hoof), wat ook gekoppel is aan die Clan-redery, die British and Commonwealth Co., ens. Die maatskappy se vloot beloop altesaam byna 500,000 ton. In 1965 is verskeie groot passasierskepe aan Safmarine verkoop.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Union Bank
Volgende onderwerp: Union Corporation Limited
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:00:03 MGT 2024