Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Unie-Staalkorporasie van Suid-Afrika Bpk. (USCO)
Unie-Staalkorporasie van Suid-Afrika Bpk. [boodskap #124297] Vr, 18 Januarie 2019 06:17
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Unie-Staalkorporasie van Suid-Afrika Bpk. (USCO) was die pionier staalvervaardigingsmaatskappy van Suid-Afrika. USCO is in 1911 deur wyle Samuel Marks as ’n private onderneming gestig. In 1913 (2 jaar later) is daar met vervaardiging by Vereeniging begin deur gebruik te maak van afvalmetaal as sy grondstof vir spoorstawe, knuppelstaal ens. Later is met vervaardiging van boorstaal en ander spesialiteite begin. 'n Tweede fabriek is opgerig en hulle het groot belange in die vervaardiging van moere en boute gehad.

In 1928 is die belangstelling van die Staat gaande gemaak en is YSKOR (die Suid-Afrikaanse Yster- en Staalkorporasie) deur wetgewing in die lewe geroep, waarin die Staat die meeste aandele besit het. Hulle wou egter nie USCO se besigheid benadeel nie en het met hulle tot voordeel van die staalbedryf saamgewerk. In 1991 het YSKOR het USCO se staalbelange oorgekoop.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.

Vorige onderwerp: Unie van Suid-Afrika
Volgende onderwerp: Union Bank
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:39:44 MGT 2024