Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Uniegebou
Uniegebou [boodskap #124295] Do, 17 Januarie 2019 20:39
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Uniegebou is die setel van die Regering in Pretoria. Die Transvaalse Koloniale regering het die oprigting van die gebou goedgekeur en die nodige geld daarvoor opsy gesit. In 1910 is met die bou daarvan begin toe die hoeksteen deur die Hertog van Connaught gelê is. Dit is in 1913 voltooi. Die ontwerp, wat baie ou Hollandse argitektoniese motiewe insluit, is deur sir Herbert Baker gedoen, en die koste was £1,130,000. Dit steek bo die kruin van Meintjeskop uit, en die gebou, met sy groot amfiteater, kan meer as 1,500 amptenare huisves. In sy kelder is die Staatsargief van Transvaal en van die Unie (nou Republiek).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Underberg
Volgende onderwerp: Unie van Suid-Afrika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:28:29 MGT 2024