Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Umtata
Umtata [boodskap #124284] Do, 17 Januarie 2019 20:19
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Umtata is die hoofstad van die voormalige Transkei. In 1960 gestig toe ’n geselskap blankes hulle daar gevestig het om twee oorlogsugtige opperhoofde, Nquiliso van die Pondo’s en Gangelizwe van die Temboes, uit mekaar te hou. Tydens die Tamboekie-oorlog van 1878 het gevegte daar naby plaasgevind en ’n eskadron van die Kaapse Berede Polisie was daar gestasioneer. Dit het in die belangrikste administratiewe sentrum vir die Transkei ontwikkel en was die bymekaarkomplek van die Bunga, of die Transkeise Algemene Gebiedsraad. Dit is die setel van ’n Anglikaanse biskop en beskik oor ’n katedraal. Die naam is afgelei van die Bantoenaam vir ’n plaaslike soort nieshout. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 12,287 (3,439 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Umtasa
Volgende onderwerp: Umtentweni
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:40:10 MGT 2024