Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Umtali
Umtali [boodskap #124281] Do, 17 Januarie 2019 20:13
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Umtali is 'n dorp in Zimbabwe (Rhodesië), in die oostelike hooglande. In 1890 op ’n terrein nagenoeg 14 myl daarvandaan gestig, maar in 1896 tot naby die spoorlyn verskuif. Vandag is dit die derde grootste dorp in Zimbabwe (Rhodesië); ’n gewilde toeriste-oord met pragtige bergnatuurskoon en strate wat omsoom is met blomdraende bome. Daar is ’n aantal snelgroeiende nywerhede en die aantreklikhede sluit ’n uitstekende biblioteek in. Daar naby is ’n monument op ’n koppie wat opgerig is in opdrag van kolonel Methuen ter ere van die naturelletroepe wat in die Eerste Wêreldoorlog gesneuwel het. Op die kruin van die Christmas-pas, waardeur die pioniers Umtali genader het, staan ’n gedenkteken ter ere van Kingsley Fairbridge, die plaaslike landmeter se seun wat begin het met die beroemde Kinder-emigrante-skema. Dit is in 1953 deur die Koningin Moeder, tydens haar besoek, onthul. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 46,000 (9,100 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Umkonto we Sizwe
Volgende onderwerp: Umtamvumarivier
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:41:58 MGT 2024