Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Uitsaaiwese
Uitsaaiwese [boodskap #124266] Do, 17 Januarie 2019 19:42
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Uitsaaiwese behels die uitsending van klank- of video-inhoud aan 'n gehoor via 'n elektroniese massakommunikasiemedium soos deur die uitsaai van radiogolwe.

Minstens een Suid-Afrikaner het ’n aansienlike bydrae gelewer tot die ewolusie van die radiotelefoon en die uitsaaiwese deur sy navorsingswerk op die termioniese buis. Hy was dr. H.J. van der Bijl, ook skrywer van die standaardwerk oor die onderwerp. Ekspenmentele uitsendings het in 1919 in Suid-Afrika begin, maar het in die hande van amateurs gebly tot 1922 toe ’n tydelike stasie deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë opgerig is om geld in te samel vir die Ryksuitstalling op Wembley. Die eerste gereelde programme is op 1 Julie 1924 onder beskerming van die Associated Scientific and Technical Societies in Johannesburg aangebied op die dak van Stuttafords-gebou in Pritchard-straat. Dit is gevolg deur ’n soortgelyke diens in Kaapstad in September 1924 en op 10 Desember 1924 in Durban. Finansiële en tegniese probleme het daartoe gelei dat die stasie in Johannesburg tydelik gesluit is. Vooruitgang was so stadig dat daar teen 1930 maar net 25,121 lisensies in die Unie uitgeneem is. In hierdie stadium is die uitsaaidiens oorgeneem deur I.W. Schlesinger, wat die African Broadcasting Company gestig het.

Dit het alle bestaande uitsaaistasies ingesluit. Nuwe toerusting is geïnstalleer, bykomende personeel is aangestel en sy luisteraars het so toegeneem dat die lisensies in 1936, toe die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie gestig is, tot 120,000 gestyg het. Die syfer het teen die 1960's die 1,400,000 kerf oorskry. Uitsendings in Bantoe met Bantoepersoneel het teen die 1960's ’n belangrike deel van die organisasie geword. Sien ook Televisie en Radiotelegrafie. Baie Hoë Frekwensie Modulasie is in 1961 ingestel toe die eerste van ’n reeks senders wat uiteindelik die hele land sou dek, in werking gestel is.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Uitlander
Volgende onderwerp: Uitskotwiel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:55:03 MGT 2024