Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Uil (Strigidae)
Uil [boodskap #124262] Do, 17 Januarie 2019 19:15
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Uil.
'n Uil.
Die Uil (familie Strigidae) is 'n nagtelike roofvoël wat uiters goed aangepas is om in die nag te jag. Alle soorte is lig gebou met ’n donserige verekleed en lang vlerke. Hulle kan tegelykertyd vorentoe en sydelings kyk en het groot ooropenings onder die vere. Die bek en kloue is gekrom vir die vang van muise, vis, klein voëltjies en knaagdiere. Hulle sluk hulle prooi heel in. Onder die baie soorte is die reuse-ooruil, die grootste, en val selfs hase en tarentale aan. Nonnetjiesuile is hier net so algemeen soos in die res van die wêreld behalwe Nieu-Seeland. Een Suid-Afrikaanse soort, die moerasuil, jag in klein groepe. Die klein uilsoorte kom die algemeenste in die boswêreld voor. Sien Voëls.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Uglies
Volgende onderwerp: Uintjie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:24:02 MGT 2024