Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Tweekop
Tweekop [boodskap #124251] Do, 17 Januarie 2019 18:17
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Tweekop is ’n baie klein, nie-giftige slang wat feitlik nie kan sien nie. Dit het sy naam gekry as gevolg van die opening by die stomp stert. Die onontwikkelde pelvis aan die skelet toon die akkedisafkoms. Net soos alle nie-giftige slange, het tweekoppe skerp, soliede tande. Een groep, Typhlopidae, het geen tande aan die onderkaak nie, en die ander, Leptotyphlopidae, (dikwels wurmslange genoem) het geen tande aan die bokaak nie. Albei groepe woon onder dooie blare of klippe en leef van wurms, miere en ander insekte. Hulle seil nooit teen bome op nie. Sien Slange.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Tweedie
Volgende onderwerp: Tweeling
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:09:45 MGT 2024