Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Tweed, John
Tweed, John [boodskap #124248] Do, 17 Januarie 2019 17:37
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
John Tweed was 'n Britse beeldhouer. In 1869 in Glasgow gebore. Sy beroemde beeld van Van Riebeeck is in 1900 aan die onderpunt van Adderleystraat, Kaapstad, opgerig as ’n geskenk van Cecil John Rhodes. Later het Tweed die beeld van Rhodes in Bulawayo geskep, asook ander van hom in Harare (Salisbury) en Mafeking. Hy was ook die skepper van die beeld van Alfred Beit in Harare (Salisbury). Een van sy bekendste werke was die monument ter ere van die patrollie onder majoor Allan Wilson, wat in die Matabele-oorlog gedood is. Hy het ook ’n pragtige borsbeeld van die Betsjoeana- koning, Khama, gemaak. Oorlede op 12 November 1933.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Twaalf Apostels
Volgende onderwerp: Tweede Vryheidsoorlog
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:29:29 MGT 2024