Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Tulbagh, Rijk
Tulbagh, Rijk [boodskap #124240] Do, 17 Januarie 2019 15:23
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Rijk Tulbagh was die goewerneur van die Kaap. In 1699 in Utrecht, Holland, gebore. In 1716 kom hy met die Terhorst in die Kaap aan en kom onder die aandag van goewerneur De Chavonnes as gevolg van sy leergierigheid. In 1722 word hy Klerk van die Politieke Raad en in 1725 Fiskaal. In 1739 word hy Sekunde en in 1751 word hy aangestel as Goewerneur. Sy bewind was een van vooruitgang, dog gedenkwaardig vir die streng wetgewing teen wat beskou was as onnodige, leë vermaak. Sy gewildheid word bewys deur sy bynaam, ‘Vader Tulbagh’. In Augustus 1771 in Kaapstad oorlede en in die Groote Kerk begrawe.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Tulbagh
Volgende onderwerp: Tuli
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:00:17 MGT 2024