Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Tugelarivier
Tugelarivier [boodskap #124236] Do, 17 Januarie 2019 15:18
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Tugelarivier ontspring aan die oostekant van die Mont-aux-Sources in die Drakensberg en stort amper 1,800 voet loodreg na benede in een van die skouspelagtigste watervalle van Suidelike Afrika. Dit is 200 myl lank en vloei die see benoorde Durban binne. Tot die Zoeloe-oorlog het dit die noordelike grens van Natal gevorm. Takriviere is die Klip-, Sondags-, Buffel- (of Umzinvatirivier) in die noorde en die Mnweni-, Umlambonja- Klein Tugela-, Bloukrans-, Boesmans-, Mooi- en Inadirivier in die suide. Tugela beteken ‘skrikwekkend’.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Tuberkulose
Volgende onderwerp: Tuinroete
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:42:47 MGT 2024