Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Tuberkulose (Tering)
Tuberkulose [boodskap #124235] Do, 17 Januarie 2019 15:16
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Tuberkulose of Tering is sedert die vroeë dae is Suidelike Afrika, veral die Karoo, as gevolg van sy sonskyn en droë klimaat, beskou as die toevlugsoord vir teringlyers en duisende mense van oorsee, onder meer Cecil Rhodes, is in die land genees. Onlangs is ’n verbod geplaas op die binnekoms van teringlyers sonder spesiale toe- stemming. Onder blankes kan die graad van tuberkulose in die Republiek — 15 per 100,000 — vergelyk word met die beste oorsee, maar in die geval van die nie-blankes is die toestand, hoewel dit aansienlik verbeter het, glad nie bevredigend nie. Die voorkoms van tering is die hoogste onder die Kaapse Kleurlinge, waaronder die dodesyfer gedaal het van 446 per 100,000 in 1946 na 319 per 100,000 in 1952. Akkurate syfers vir die Bantoes is nie beskikbaar nie, maar dit is vermoedelik selfs laer. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Tuberkulose-vereniging is hoofsaaklik verantwoordelik vir die gesondheidspropaganda.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Tsumeb
Volgende onderwerp: Tugelarivier
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:06:03 MGT 2024