Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Tsolo
Tsolo [boodskap #124232] Do, 17 Januarie 2019 15:12
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Tsolo is 'n dorp in die voormalige Transkei (nou Oos-Kaap), in 1879 gestig en die naam wat ‘gepunt’ beteken, is afgelei van die vorm van 'n naburige heuwel. Tydens die opstand van 1880 is die landdros en sy personeel daar beleër en om veiligheidsredes is die nedersetting van sy oorspronklike terrein verskuif na die huidige plek langs ’n klein riviertjie, die Xokonxa. Dit is nou ’n administratiewe en handelsentrum. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 900 (250 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Tsjaka
Volgende onderwerp: Tsomo
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:54:11 MGT 2024