Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Tsjaka (Shaka)
Tsjaka [boodskap #124231] Do, 17 Januarie 2019 15:10
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Koning Tsjaka met sy skild en assegaai.
Koning Tsjaka met sy skild en assegaai.
Tsjaka (Shaka) was die koning en stigter van die Zoeloevolk. In 1787 gebore, seun van Senzangakona, wat behoort het aan ’n groep, bekend as die Mhlongo’s. Na die dood van Dingiswayo het hy homself opperhoof gemaak, en dié groepe het bekend geword as die Zoeloes. Hy het ’n omwenteling teweeggebring in die meganisme van oorlog in Suidelike Afrika deur die steekassegaai in die plek van die ouer gooi-tipe in te voer, en deur die ontwikkeling van die taktiek van die halfmaanstelsel waardeur sy vyande omsingel en uitgewis is. Binne ’n kort tydjie het hy volkome beheer gehad oor die huidige gebied van Natal. Na bewering het hy meer as ’n miljoen manne uitgedelg, terwyl hy die vroue vir sy krygsmanne gespaar het. Tsjaka het op vriendskaplike voet verkeer met die blanke setlaars wat Natal pas in 1823 bereik het en het selfs ’n groot stuk grond aan Nathaniel Isaacs geskenk. Ten spyte van sy barbaarsheid en sadisme, was Tsjaka 'n besonder bekwame man en in sommige opsigte ’n aangename persoonlikheid. Hy is uiteindelik deur sy broer, Dingaan, en ’n groep ander samesweerders vermoor. ’n Monument ter ere van Tsjaka is deur die Zoeloevolk opgerig en staan vandag nog in Stanger.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Tsitsikama
Volgende onderwerp: Tsolo
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:49:57 MGT 2024