Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Truter, Sir John Andries
Truter, Sir John Andries [boodskap #124225] Do, 17 Januarie 2019 06:44
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir John Andries Truter, meer korrek, Johannes Andreas Truter, was die Eerste Hoofregter van die Kaapkolonie. In 1763 in Kaapstad gebore. Hy studeer in die regte in Leyden en nadat hy sy doktoraat in 1787 verwerf het, keer hy twee jaar later terug na die Kaapkolonie en aanvaar diens by die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie. In 1793 word hy aangestel as Sekretaris van die Geregshof en in 1803, tydens die bewind van die Bataafse Republiek, word hy Sekretaris van die Politieke Raad. In 1806 begin hy praktiseer as advokaat. Hy word in 1809 aangestel as Fiskaal en in 1812 word hy Hoofregter. Hy beklee dié amp tot 1827 toe hy aftree. In 1845 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Trustfeed
Volgende onderwerp: Truter, Pieter Jan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:37:38 MGT 2024