Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Trotter, Mev. Alys Fane
Trotter, Mev. Alys Fane [boodskap #124221] Do, 17 Januarie 2019 06:31
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Mev. Alys Fane Trotter was 'n Suid-Afrikaanse skryfster en kunstenares. In 1863 in Engeland gebore. Sy kom in die jare 1890 saam met haar eggenoot, die eerste Raadgewende Elektrotegniese Ingenieur wat deur die Kaapse Koloniale regering in diens geneem is, na Suid-Afrika. Die skoonheid van die ou Kaaps-Hollandse huise het haar bekoor en sy het hulle sistematies begin bestudeer. Die gevolg was ’n reeks koerantartikels wat deur haarself geïllustreer was. Dit is later versamel en onder die titel, Old Cape Colony, gepubliseer. Mev. Trotter het na Engeland teruggekeer waar sy poësie geskryf het. Sy is in 1962 op 99-jarige leeftyd oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Tropsluiter
Volgende onderwerp: Troupand
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:17:17 MGT 2024