Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Tristan Da Cunha
Tristan Da Cunha [boodskap #124217] Do, 17 Januarie 2019 06:23
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Tristan Da Cunha is 'n vulkaniese eiland in die Suid-Atlantiese Oseaan, 1,500 myl van Kaapstad af. In 1506 deur ’n Portugese seevaarder, admiraal Tristao da Cunha ontdek. In die Napoleontiese tydperk is dit deur ’n Kaapse garnisoen geannekseer en was sedertdien nog altyd met Suid-Afrika in kontak. Sommige van die inwoners van gemengde afkoms het hulle daar gevestig. Baie jare lank het ’n Britse oorlogskip van Simonstad jaarliks daar aangedoen. In 1904 het een van die Kaapse regeringsbeamptes, J. Hammond Tooke, in opdrag ’n verslag oor die verwydering van die inwoners van die eiland opgestel (dit is egter nie uitgevoer nie). In 1950 het ’n Suid-Afrikaanse maatskappy daar begin met die inmaak van kreef; weerkundige opnames word ook gedoen. Die uitbarsting van ’n vulkaan, wat sedert historiese tye onaktief was, het daartoe gelei dat die hele eilandbevolking van meer as 100 op 10 Oktober 1961 verwyder is. Hulle is eers na Kaapstad en later na Engeland geneem, maar hulle kon hulle nie aanpas by die nuwe lewe nie. Nadat ’n navorsingsekspedisie bevind het dat die gevaar verby is, het hulle in 1963 teruggekeer. Onlangs is ’n klein hawe digby die hoofnedersetting gebou.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Trippel
Volgende onderwerp: Trogon
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:07:10 MGT 2024