Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Trichardt, Carel (Carolus Trigardt)
Trichardt, Carel [boodskap #124213] Wo, 16 Januarie 2019 06:27
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Carel Trichardt (ook bekend as Carolus Trigardt) was 'n Voortrekkerjagter en ontdekkingsreisiger. Seun van die beroemde Louis Trichardt. In 1810 op Graaff-Reinet gebore. In 1835 het hy sy vader op sy trek na die noorde, na die Soutpansberg en toe na Lourenço Marques, vergesel. Met hulle aankoms daar in 1838, het sy vader hom versoek om die nedersettingsmoontlikhede in die noorde te ondersoek. Hy het alleen na die dorp Mosambiek getrek, die binneland ’n hele afstand binnegetrek en het selfs tot in Oos-Afrika deurgedring. Daar is bewys gelewer dat hy Abessinië bereik het. Hy het uiteindelik te voet na Lourenço Marques teruggekeer, maar moes met sy aankoms uitvind dat sy vader en die meeste lede van die geselskap dood is. Die paar oorblywendes is na Natal verwyder. Carel het hulle weer te voet gevolg. Later het hy hom in Transvaal gevestig, waar hy naby Middelburg gaan woon het. Hy is omstreeks 1903 oorlede. Baie mense het gemeen dat dit hy was wat die Victoria-waterval ontdek het, 20 jaar vóór Livingstone, maar Servaas le Roux, die Zimbabwiese (Rhodesiese) skrywer wat baie tyd bestee het aan ’n ondersoek, het verklaar dat dit nie bewys kon word nie.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Trichardt
Volgende onderwerp: Trichardt, Louis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:01:20 MGT 2024