Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Tretchikoff, Vladimir
Tretchikoff, Vladimir [boodskap #124209] Wo, 16 Januarie 2019 06:21
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Vladimir Tretchikoff was 'n kunstenaar. Op 13 Desember 1913 in Rusland gebore, maar as gevolg van die uitbreek van die Rewolusie het sy ouers hom na Mantsjoerye geneem waar hy opgegroei het. Op vroeë leeftyd toon hy kunstalent. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het hy vir die Britse Inligtingsdiens in Singapoer gewerk voordat dit deur Japan verower is. Na 23 dae in ’n reddingsboot is hy in Java deur die Japannese gevange geneem en op parool vrygelaat. Gedurende hierdie jare was hy reeds as skilder gewild, maar dit was eers in 1946 toe hy na Suid-Afrika gekom het dat hy groot sukses behaal het. In ’n kort tydjie het sy oorspronklike werke rekordpryse behaal en afdrukke is in duisendtalle verkoop. Sy uitstallings was besonder suksesvol in Kaapstad en elders in Suid-Afrika. Dit is gevolg deur ander in die Verenigde State, Kanada en Londen.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Trek-Lugdiens
Volgende onderwerp: Trew, Anthony Francis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:46:42 MGT 2024