Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Transvaler, Die
Transvaler, Die [boodskap #124205] Wo, 16 Januarie 2019 06:06
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Voorblad van Die Transvaler wat die resultaat van die 1960-referendum aankondig.
Voorblad van Die Transvaler wat die resultaat van die 1960-referendum aankondig.
Die Transvaler was 'n oggendblad wat op 1 Oktober 1937 in Johannesburg gestig is. Die koerant was 'n sterk ondersteuner van die destydse Nasionale Party. Onder die redakteurs was dr. H.F. Verwoerd. In Februarie 1983 het die koerant ingevolge 'n skikking tussen Perskor en Naspers na Pretoria verskuif, waar dit 'n middagblad geword het, tot dit in April 1993 finaal gesluit het.

'n Vroeëre koerant, De Transvaler, ("De" en nie "Die" nie), is in 1904 deur Fred Horak in Johannesburg gepubliseer.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Transvaal Scottish
Volgende onderwerp: Tredgold, Sir Clarkson Henry
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:00:54 MGT 2024