Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Tongvis
Tongvis [boodskap #124187] Di, 15 Januarie 2019 18:59
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Tongvis.
'n Tongvis.
Tongvis is 'n vis van die Heterosomata-indeling, een kant eenkleurig en die ander kant gekleurd en albei oë aan een kant. Hulle swem horisontaal met golwende lyfbewegings, maar bly die meeste van die tyd op die bodem bedek met sand of gruis. Die jong tongvis het ’n normale vorm en swem vertikaal, maar sodra dit groter word, word die lyf plat en draai die skedelbene sodat een oog na die ander kant oortrek. Hoewel dit in die Noordelike Halfrond een van die belangrikste groepe is, is daar net twee waardevolle soorte in die Suidelike Halfrond; die Anstroglossus pectoralis, 20 duim, van Valsbaai na Natal en die A. microlepis, 80 duim en 9 pond in gewig, wat net van Tafelbaai af noordwaarts tot by Walvisbaai gevang word. Sien Seehulpbronne.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Tongaat
Volgende onderwerp: Toorbos
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:16:05 MGT 2024