Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Tomlinson-Verslag
Tomlinson-Verslag [boodskap #124185] Di, 15 Januarie 2019 18:55
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Tomlinson-Verslag was 'n belangrike opname van die posisie van die Bantoe-gemeenskap in Suid-Afrika, uitgevoer onder voorsitterskap van professor F.R. Tomlinson, van die leerstoel van Landbou-ekonomie aan die Universiteit van Pretoria. In 1951 is ’n Kommissie van Ondersoek na die Sosio-ekonomiese Ontwikkeling van die Bantoegebiede aangestel. Dit het ’n verslag van 17 boekdele uitgebring, saam met 63 gedetailleerde kaarte. Hiervan is net ’n beperkte aantal in naslaanbiblioteke en soortgelyke inrigtings opgeneem. Korter weergawes is aan die publiek vrygestel. In die verslag is die stigting van ’n aantal min of meer selfregerende Bantoe-gemeenskappe met die bestaande naturellereservate as grondslag in die vooruitsig gestel. Hierby sou meer streke gevoeg word. Die Kommissie het voorgestel dat nywerhede in die Bantoegebiede intensief ontwikkel word, maar het die feit erken dat ’n paar miljoen Bantoes in die blanke stede en ander dele van die land wat vir die blanke opsy gesit is, sal bly. Die totale uitgawe vir die voorgestelde ontwikkeling van die Bantoegebiede is op nagenoeg £100,000,000 (R200,000,000) gestel.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Tollie
Volgende onderwerp: Tongaat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:56:52 MGT 2024