Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Tjiekerientjee
Tjiekerientjee [boodskap #124174] Ma, 14 Januarie 2019 19:54
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Tjiekerientjee (Ornithogalum thyrsoides) is 'n bolplant met blare wat rondom stingel vou en ’n rits wit blomme. Floreer in Kaapland. Knoppe word op groot skaal na Engeland uitgevoer. Geen bevredigende uitleg is nog vir die naam gegee nie. Waarskynlik na aanleiding van die eienaardige geluid wat voortkom wanneer twee stingels teen mekaar gevryf word. Soos die ui, aspersie, aalwyn en agapanthus behoort dit aan die Liliaseë-orde, waarvan daar ongeveer 800 spesies in Suid-Afrika is. Sien Lelie.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Tjeriktik
Volgende onderwerp: Tjor-Tjor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:35:32 MGT 2024