Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Tin
Tin [boodskap #124169] Ma, 14 Januarie 2019 19:43
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Tin is 'n swak, silwerkleurige, smeebare metaal wat nie geredelik in lug oksideer nie en goeie weerstand teen korrosie bied. Dit word gebruik in legerings waarmee ander metale bedek word om dit teen korrosie te beskerm. Dit kan ook met koper vermeng word om brons te vorm. Tin word hoofsaaklik uit die mineraal kassiteriet ontgin.

Tin is reeds by Rooiberg, Transvaal, deur die Ou Volke ontgin. Ontdekking in 1905-1906 het ’n aansienlike prysstyging in die aandelemark veroorsaak. Werke is op Rooiberg en Zaaiplaats opgerig wat, hoewel dit nooit groot was nie, nog altyd betalend was. Belangrike tinveld is in die afgelope jare by Kamantivi, Zimbabwe (Rhodesië) geopen; die Erongo-reeks in Namibië (Suidwes-Afrika) en die Macready-myn in Swaziland is albei nog produktief.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Timmins, Howard Benson
Volgende onderwerp: Tinker
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:35:12 MGT 2024