Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Thibault, Louis-Michel
Thibault, Louis-Michel [boodskap #124161] Ma, 14 Januarie 2019 19:23
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Louis-Michel Thibault was 'n Suid-Afrikaanse argitek, uitvinder en kunstenaar. In 1750 in Frankryk gebore. In 1783 kom hy na die Kaap as militêre ingenieur vir die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie. Twee jaar later word hy aangestel as regerings-argitek en het ’n aantal pragtige geboue opgerig. Blywende monumente van sy meesterwerke is die balkon in die binnehof van die Kasteel in Kaapstad, bekend as ‘Die Kat’; die Drosdy op Tulbagh; die Goewermentsgebou op Caledonplein en die ou Hooggeregshofgebou in Adderley-straat. Oorlede in 1815.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Theunissen
Volgende onderwerp: Third Field Regiment
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:40:13 MGT 2024