Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Thesen-Redery
Thesen-Redery [boodskap #124159] Ma, 14 Januarie 2019 19:19
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Thesen-Redery was 'n Suid-Afrikaanse skeepvaartmaatskappy, gestig deur A.L. Thesen, ’n Noorweër, wat in 1869 in Suid-Afrika aangekom het. Sy plan was om na Nieu-Seeland te emigreer, maar hy is deur ’n storm van koers af gedwing en het sy tuiste op Knysna gemaak, waar hy met die maatskappy, Thesen & Co. begin het. In 1895 is sy seilskepe vervang deur ’n stoomboot. Ander is later bygevoeg. In 1921 is die Thesen-redery oorgeneem deur die Houston-redery van Liverpool, maar is voortgesit onder die ou naam. Thesen-vaartuie het handel gedryf tussen hawens in die Republiek en so ver noord as die Kongo.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Theron, Daniel
Volgende onderwerp: Theunissen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:36:08 MGT 2024