Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Theron, Daniel
Theron, Daniel [boodskap #124158] Ma, 14 Januarie 2019 19:16
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Daniel Theron was 'n Boereverkenner. In 1870 op Tulbagh, Kaapland, gebore. In 1891 vestig hy hom in Transvaal en praktiseer in Krugersdorp as ’n regsagent. Hy kom in die nuus omdat hy W.P. Monypenny, redakteur van die Star, te lyf gegaan het oor sekere opmerkings wat hy in sy koerant gemaak het oor Boerevroue. Hy is ’n boete opgelê, maar die geld is gou deur ondersteuners ingesamel. In die Tweede Vryheidsoorlog het hy by die Boeremagte aangesluit as kaptein in die Transvaalse Fietskorps. Na die slag van Colenso was hy in bevel van ’n groep spesiale verkenners, saam met wie sy prestasies legendaries geword het. Hy het in 1900 gesneuwel.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Theiler, Sir Arnold
Volgende onderwerp: Thesen-Redery
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:06:35 MGT 2024