Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Theiler, Sir Arnold
Theiler, Sir Arnold [boodskap #124157] Ma, 14 Januarie 2019 19:14
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Arnold Theiler was 'n Suid-Afrikaanse bakterioloog en stigter van die Onderstepoort Veeartsenykundige Laboratorium. Op 26 Maart in 1867 in Switserland gebore. Hy kom in 1891 na Suid-Afrika as raadgewende veearts vir die Johannesburgse Sanitêre Raad. Hy was in 1893 veearts vir die Suid-Afrikaanse Republiek en tydens die runderpesepidemie het hy saam met dr. Robert Koch gewerk. Die eerste Veeartsenykundige Laboratorium is op Daspoort opgerig en toe op Onderstepoort, naby Pretoria. Sien Onderstepoort. In 1902 is Theiler heraangestel as Veeartsenykundige Bakterioloog. Hy het navorsing gedoen op gallamsiekte en baie ander onderwerpe. Hy is in 1910 aangestel as direkteur van Veeartsenykundige Navorsing en in 1920 as Direkteur van Veeartsenykundige Onderwys en Navorsing en ook as professor in Veeartsenykunde aan die Transvaalse Universiteitskollege (later Universiteit van Pretoria). In 1907 is hy tot ridder geslaan. Baie oorsese eerbewyse het gevolg. In 1936 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Theiler, Dr. Max
Volgende onderwerp: Theron, Daniel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:41:52 MGT 2024