Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Theal, Dr. George McCall
Theal, Dr. George McCall [boodskap #124155] Ma, 14 Januarie 2019 19:04
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Dr. George McCall Theal was 'n Suid-Afrikaanse historikus. In 1837 in New Brunswick, Kanada gebore. Hy kom in 1870 na Suid-Afrika om aan te sluit by die personeel van die Lovedale-sending in Oos-Kaapland. Hy bly daar tot 1877, toe hy by die Kaapse staatsdiens, by die Departement van Naturellesake aansluit en as agent na die Gaika-hoofman, Oba, gestuur word. Só suksesvol was sy hantering van die stamlede, dat hy in 1878 in bevel geplaas is van ’n groot gebied in Oos-Kaapland. Daar hy reeds geïnteresseerd was in die geskiedenis van sowel die blankes as die nie-blankes, begin hy skoolboeke skryf — iets wat later ontwikkel het in ’n baie meer ambisieuse onderneming. In Maart 1879 is hy aangestel as hoof van die Koloniale Argief en het hy begin met die skryf van die beroemde boeke oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis, asook dié oor die naturellelewe. Vir dié doel is hy deur die Regering na Londen, Lissabon, Amsterdam, Rome en ander stede op die Vasteland gestuur om argiewe te besoek. Sy belangrikste werk, die History of South Africa, wat 8 boekdele beslaan, het hom die grootste deel van sy lewe besig gehou. Hy het ook ’n boek oor Suid-Afrika geskryf in die bekende reeks The Story of the Nations. Sy ander groot werke sluit in ’n stel van 35 boekdele, Records of Cape Colony, wat ’n massa dokumente bevat wat uit argiewe in Europa verkry is. Nog ’n reeks, Records of South-East Africa, (9 boekdele) is van groot hulp vir historici wat navorsing doen in Portugese geskiedenis. In 1891 is hy deur die Kaapse Regering aangestel as Koloniale Geskiedskrywer — ’n pos wat hy vir die res van sy loopbaan behou het. Hy het erelidmaatskap van verskeie oorsese liggame gekry, insluitende die Nederlandse Koninklike Akademie vir Wetenskap en Kuns. Ten spyte van swak gesondheid het hy sy werk voortgesit tot sy dood in 1919.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Thabazimbi
Volgende onderwerp: Theiler, Dr. Max
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:07:53 MGT 2024