Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Thaba Nchu
Thaba Nchu [boodskap #124152] Ma, 14 Januarie 2019 18:58
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Thaba Nchu (‘Swart Berg’) is 'n dorp in die Oranje-Vrystaat, vroeër ’n onafhanklike naturellegebied wat deur die Baralongstam onder hulle hoofman, Moroka, bewoon is. As gevolg van sy samewerking met die Boere, het hulle hulle nie ingemeng met sy gesag nie, maar nadat sy seun, Sepinare, in 1880 probeer oorlog maak het, is dié gebied by die Republiek ingelyf. Gedurende die Tweede Vryheidsoorlog het gevegte daar plaasgevind. Vandag is dit ’n boerderysentrum. Die N8-nasionale pad loop deur die dorp. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 800 (650 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Thaba Induna
Volgende onderwerp: Thaba ’Ndoda
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:45:18 MGT 2024