Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Thaba Bosigo (Thaba Bosiu)
Thaba Bosigo [boodskap #124150] Ma, 14 Januarie 2019 18:55
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Thaba Bosigo (ook Thaba Bosiu gespel) is 'n tafelkopberg in Lesotho waarop die groot opperhoof, Mosjesj, in 1832 sy hoofkraal opgerig het. Dit is deur Zoeloes en ander stamme aangeval maar het 'n ondeurdringbare vesting gebly. In die Basoeto-oorlog van 1865 het die Vrystaatse burgers onder Louw Wepener probeer om die berg storm te loop. Die aanval is egter afgeslaan en Wepener is gedood. Die meeste Basoetohoofmanne is op Thaba Bosigo begrawe — die naam beteken ‘Die Berg van Nagte’.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Teyateyaneng
Volgende onderwerp: Thaba Induna
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:58:35 MGT 2024