Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Tennis
Tennis [boodskap #124146] Ma, 14 Januarie 2019 18:31
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Tennisbane
Tennisbane
Tennis is 'n sport waar spelers 'n hol rubberbal wat met vilt oortrek is ment 'n gesnaarde raket oor die net na die opponent slaan. Daar word onderskei tussen enkels (2 spelers) en dubbels (2 spanne van 2 lede elk). Dit word gespeel op 'n reghoekige plat oppervlak, gewoonlik van gras, klei of beton en/of asfalt.

Tennis is in die vroeë jare in Suid-Afrika ingelui en in 1884 het die eerste Suid-Afrikaanse tussendorpse wedstryd tussen Port Elizabeth (wat lank die sentrum van dié spel in die land was) en Grahamstad plaasgevind. Teen 1890 is die Cape Association of Tennis Clubs (Kaapse Vereniging van Tennisklubs) gestig en is daar ook met tennis in Natal begin asook ’n tennisafdeling by die Wanderersklub in Johannesburg. In 1891 het die eerste Suid-Afrikaanse tenniskampioenskapstoernooi plaasgevind. Die eerste internasionale wedstryde het in 1908 plaasgevind toe ’n Britse span onder aanvoering van G.W. Hillyard deur die land getoer het. By die Olimpiese Spele van 1912 in Stockholm het C.L. Winslow, ’n Suid-Afrikaanse speler, die enkelspel verower met H.A. Kitson, ook van Suid-Afrika, tweede. In 1913 het ’n Suid-Afrikaanse span bestaande uit V.R. Gauntlett, C. Leach en R.F. le Sueur die eerste keer deelgeneem aan die Davis-bekertoernooi. Na die Tweede Wêreldoorlog het E.W. Sturgess op Wimbledon en elders internasionale roem verwerf en in 1960 bereik Sandra Reynolds die eindronde van die enkelspelwedstryd vir vroue op Wimbledon.

Sien ook: Tennisterme

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Tendega
Volgende onderwerp: Terry, Edward
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:23:21 MGT 2024