Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Tembisa
Tembisa [boodskap #124142] Ma, 14 Januarie 2019 07:19
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Tembisa is 'n groot dorpsgebied naby Kempton Park in Gauteng (Transvaal). Die woord "Thembisa" beteken "daar is hoop" in Nguni, maar is later verkeerdelik as "Tembisa" gespel. Die dorp is 1957 gestig en is aanvanklik vir Bantoe-inwoners uitgelê. Vandag is dit, naas Soweto, die tweede grootste "township" in Gauteng.

Tembisa is op 'n plaas wat oorspronklik is deur mnr. J.H.M. Meyer en mev M.W.Z. Van Wyk besit is gestig. Ná onderhandelinge tussen die aankoopkomitee en die eienaars is die grond teen R3,52 per hektaar met befondsing van die Nasionale Behuisingskommissie en staatslenings aangekoop. Talle mense is daarheen verskuif om werkers aan die gebied se groeiende industrieë te voorsien. In 1977 het die regering gemeenskapsrade ingestel en in 1982 is hulle onder die Wet op Swart Plaaslike Owerhede na stadsrade opgegradeer.

Op 25 Julie 2016 is die gebied deur 'n tornado getref. Ongeveer 20 individue is ernstig beseer en meer as 400 is sonder dak gelaat. Die dak van die Phumulani-winkelsentrum is onder andere deur die tornado verbrokkel.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Tellurometer
Volgende onderwerp: Temboeland
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:17:38 MGT 2024