Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Televisie (Beeldradio)
Televisie [boodskap #124140] Ma, 14 Januarie 2019 07:10
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Ou televisiestel.
'n Ou televisiestel.
Televisie (ook beeldradio genoem; afgekort TV) behels die uitsaai en ontvangs van bewegende prente en klank. 'n TV-sender versprei die seine wat met behulp van TV-stelle oor 'n afstand opgevang word. Die eerste gereelde TV-programme is vanaf 1935 in Berlyn (Duitsland) uitgesaai.

In 1936 is demonstrasies van televisie volgens die Bairdstelsel by die Ryksuitstalling op Milnerpark, Johannesburg, gehou. Ten spyte van fratsontvangs af en toe uit die buiteland en eksperimentele werk op geslotebaanapparaat, het die Regering aanvanklik nie algemene beeldradio in Suid-Afrika toegelaat nie. Die eerste beeldradiostasie in Zimbabwe (Rhodesiƫ), hoofsaaklik gesteun deur Suid-Afrikaanse kapitaal, en wat op handelsgrondslag funksioneer, is in 1960 geopen.

Die eerste gereelde televisieprogramme in Suid-Afrika word vanaf 5 Januarie 1976 uitgesaai. Gedurende die eerste vier jare was daar een kanaal wat 37 ure per week uitgesaai het. Die taalmedium was beide Afrikaans en Engels. Teen die einde van 1976 is 650,000 lisensies uitgereik. Sien Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Telegraaf
Volgende onderwerp: Tellurometer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:58:03 MGT 2024