Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Telefoon (Foon)
Telefoon [boodskap #124138] Ma, 14 Januarie 2019 06:53
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Telefoon is 'n toestel wat vir telekommunikasie gebruik word deur klank oor 'n afstand te stuur en te ontvang. Telefone werk deur elektriese seine oor 'n telefoonnetwerk te versend. Dit stel twee persone in staat om met mekaar te kommunikeer, selfs oor lang afstande.

Die eerste telefone is in 1878 in die Kaap die Goeie Hoop geïnstalleer kort nadat dit in die Verenigde State in gebruik geneem is, maar verbinding kon slegs op ’n regstreekse lyn bewerkstellig word. Die eerste telefoonsentrale is in 1882 in Port Elizabeth deur ’n groep handelaars en sakemanne in gebruik geneem. In 1884 is die eerste sentrale in Kaapstad geïnstalleer. Dit was eers in omstreeks 1889 dat ’n telefoondiens (afsonderlike lyne) in Transvaal ingestel is. In 1891 het Pretoria ’n sentrale gekry. In Johannesburg is ’n sentrale eers in 1893 ingestel en in 1896 is die Natalse Telephone Company gestig en Bulawayo vervolgens in 1898. Sedertdien het die netwerk snel uitgebrei. Openbare telefoonhokkies is omstreeks ten tye van die Tweede Vryheidsoorlog in gebruik geneem toe die eerste hooflyne ook opgerig is. Outomatiese telefone dateer uit 1922 toe die eerste sentrale in Kampsbaai, Kaapstad, geopen is. Oorsese verbindings is in Julie 1931 per radio ingestel tussen Kaapstad en ’n gebied in ’n straal van 300 myl van die stad af en die Verenigde Koninkryk. Op 1 Februarie 1932 is dié diens amptelik geopen. Teen die 1960's het die Republiek meer as 1,000,000 telefone in gebruik gehad.

ISDN-tegnologie (Integrated Services Digital Network) in die 1980's ingevoer. Dit het telefoondienste geleidelik vanaf analoog na digitaal verskuif. Met die koms van die Internet het die Spraak oor Internet Protokol (Engels: VoIP; Voice over Internet Protocol) ontwikkel. Hoewel telefone vandag nog steeds algemeen gebruik word, is selfone (mobiele telefone) besig om dit te verplaas.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Tegniese Dienskorps
Volgende onderwerp: Telegraaf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:07:55 MGT 2024