Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Tchagra (Tchagra tchagra)
Tchagra [boodskap #124135] Ma, 14 Januarie 2019 06:11
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Tchagra (Tchagra tchagra) is 'n insekteetende voël, een van die rooivlerkfiskale. Kom voor van Hermanus langs die Suidelike Kaap op langs die Natalse kusstreek en in Oos-Transvaal. Gryserige kleur met dof, kastaiingbruin vlerke. Die naam dui op ’n nabootsing van sy skelstem, maar hy fluit pragtig. Sy vlerke is kort en hy hou hom in digte bosse. Daar is ’n aantal baie soortgelyke rooivlerke in die meer tropiese gebiede, treffender maar almal het pragtige stemme. Sien Fiskaal of Laksman.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Taungs-Skedel
Volgende onderwerp: Teater
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:07:41 MGT 2024