Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Taungs-Skedel (Australopithecus africanus)
Taungs-Skedel [boodskap #124134] Ma, 14 Januarie 2019 06:08
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Taungs-Skedel (ook Taung-kind) is 'n prehistoriese skedel wat in 1924 in die steengroewe van die Northern Lime Company by Taung ontdek is en deur mnr. E.G. Izod, een van die direkteure, oorhandig is aan mej. J. Salmons van die Universiteit van die Witwatersrand wat dit aan professor Raymond A. Dart, van dieselfde inrigting, gewys het. Daar is aanvanklik gemeen dat hierdie skedel dié is van ’n ou fossiel-bobbejaan, maar dit het later ’n wetenskaplike opskudding verwek toe professor Dart dit herken het as een van die vroegste menslike oorblyfsels. Dit is amptelik bekend as Australopithecus africanus Dart, en het die onderwerp van omvangryke literatuur geword.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Taung
Volgende onderwerp: Tchagra
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:09:10 MGT 2024