Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Tas, Adam
Tas, Adam [boodskap #124131] So, 13 Januarie 2019 17:20
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Adam Tas was 'n vroeë Kaapse politieke leier. In 1668 in Amsterdam gebore. Hy ontvang handelsopleiding en bereik die Kaap die Goeie Hoop voor 1691. Daar word hy ’n vryburger wat by sy welgestelde oom, Henning Huising, woon en werk. Op 31-jarige ouderdom word hy aangestel as vaandeldraer in die Burger-Infanterie en in 1703 trou hy met ’n ryk weduwee, Elizabeth van Brakel. Hy vestig hom op sy landgoed en neem die leiding onder die setlaars in hulle protes teen die oordaad en diktatoriale metodes van goewerneur Willem Adriaan van der Stel. Hy word in 1706 gearresteer en 13 maande lank in die tronk gehou. Klagtes het intussen in Amsterdam uitgekom en in 1707 word die Goewerneur teruggeroep om verantwoording te doen, terwyl Adam Tas vrygestel word. Hy het sy woning Libertas genoem as ’n woordspeling van sy eie naam. In 1722 oorlede. Die familie, wat van Joodse afkoms is en die naam ‘Tasch’ spel, woon nog in Nederland.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Tarkastad
Volgende onderwerp: Tati
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:38:14 MGT 2024