Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Tafelberg
Tafelberg [boodskap #124118] So, 13 Januarie 2019 16:14
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Hoewel daar verskeie Tafelberge in Suid-Afrika is, waar hierdie soort geologiese formasie algemeen is, is die beroemdste een beslis Tafelberg aan Tafelbaai. Die berg is in 1503 vir die eerste keer deur Antonio da Saldanha so genoem. Hy was die eerste blanke wat die kruin bereik het. Die hoogste punt, Maclear’s Beacon, is 3,550 voet bo seespieël. Die byna vertikale voorkant aan die kant van Kaapstad is nagenoeg 2 myl lank en aan sy langste kant, van die oostelike tafelrand tot by die einde van die 12 Apostels, is dit 6 myl lank. Sedert 1929 is ’n kabelspoor na die kruin aan Kloofnek se kant in werking.

Tafelberg in Natal is 6,510 voet hoog.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Tachard, Vader Guy
Volgende onderwerp: Tafelkleed
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:43:44 MGT 2024