Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Tachard, Vader Guy
Tachard, Vader Guy [boodskap #124117] So, 13 Januarie 2019 16:11
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Vader Gay Tachard was 'n priester en reisiger. In 1650 in Frankryk gebore. Hy sluit aan by die Jesuïtiese Orde, was ’n uitmuntende student en word in 1685 gekies as die leier van ’n geselskap van vier persone op ’n sending na die Koning van Siam. In die Kaap het hulle die gasvryheid van goewerneur Simon van der Stel geniet. Etlike jare later het hy weer op ’n tweede reis daarlangs verbygegaan. Sy Voyage de Siam gee waardevolle besonderhede oor die lewe in die ou Kaapkolonie, maar dit het die Goewerneur die wrewel van die Kompanjie op die hals gehaal omdat hy te vriendelik teenoor ’n katoliek was. Oorlede in Bengale in 1712.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Tabankulu
Volgende onderwerp: Tafelberg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:49:25 MGT 2024