Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Tabak, Wilde (Nicotiana glauca)
Tabak, Wilde [boodskap #124115] So, 13 Januarie 2019 15:26
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Wilde tabak
Wilde tabak
Wilde Tabak (Nicotiana glauca) (familie: Solanaceae) is 'n klein Zimbabwiese (Rhodesiese) boompie met eindtrosse of smal geel buisvormige blomme. Aan dieselfde familie behoort die aangeplante aartappel (Solanum tuberosum), tamatie (Solanum lycopersicum) en tabak (Nicotiana tabacum). Al die lede van die familie het vier of vyf meeldrade, vier of vyf lobbe vir elke buisvormige blom en wisselblare. Stinkblaar (Datura stramonium) is ’n growwe plant, 60 cm (twee voet) hoog, met groot blink getande blare en trompetvormige wit blomme. Hoewel giftig, word dit vir medisyne gebruik. Die bitterappel (Solanum panduriforme) het baie giftige heldergeel vrugte, soos tamaties en pers blomme van die nastergaltipe. Sien Appelliefie.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Tabak
Volgende onderwerp: Tabankulu
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:46:36 MGT 2024