Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Tabak
Tabak [boodskap #124114] So, 13 Januarie 2019 15:13
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Tabak
Tabak
Tabak is plante wat se blare gedroog word vir die vervaardig van produkte soos sigarette, sigare, snuif, pyptabak, pruimtabak en gegeurde shisha. 'n Chemiese komponente van tabak word ook in insekdoders en tradisionele medisyne gebruik.

Tabak is sedert die dae van Jan van Riebeeck deur die koloniste as ’n gewilde ruilmiddel met die Khoikhoi (Hottentotte) en ander stamme gebruik maar daar is eers in 1719 met die kweek daarvan in Suidelike Afrika begin toe die deskundige, Cornelis Hendriks, van Amsterdam na die Kaap gestuur is. Die eerste tabak is by Rondebosch geplant, maar het misluk. Latere pogings was suksesvol en teen 1752 was die Xhosas ook verbouers. Die Voortrekkers het ook tabak geplant in Natal, die Oranje-Vrystaat en Transvaal, waar die Magaliesbergvallei besonder geskik was.

Dit was een van die eerste produkte wat deur die setlaars in Zimbabwe (Rhodesië) verbou is, hoewel die bedryf eers in 1910 belangrik geword het. In 1875 is daar in Port Elizabeth begin om sigarette met die hand te vervaardig en later het dit na Kaapstad uitgebrei. In die jare 1890 is daar met meganisasie begin en groot fabrieke is na die Tweede Vryheidsoorlog opgerig. Wetenskaplike navorsing en verbeterde verbouingsmetodes is toegepas.

Koöperasies is voor Uniewording in Transvaal onder die Kroonkoloniebewind opgerig. Zimbabwe (Rhodesië), Zambië en Malawi is verreweg die grootste produserende gebiede in Suidelike Afrika wat spesialiseer in Virginiese blaar vir die uitvoer na Engeland en elders. Kopers van baie lande woon die verkopings in Harare (Salisbury) by, waar die bedryf gekonsentreer is.

In die Republiek is die produksie van Virginiese blaar hoofsaaklik beperk tot die distrik Magaliesberg in Transvaal en in die distrik Oudtshoorn en naburige distrikte in Kaapland. Naby Franschhoek en elders in Wes-Kaapland word kleiner hoeveelhede Turkse blaar gekweek. Kwekers word in groot koöperasies georganiseer waarvan die een in Magaliesberg die hoofkoöperasie is. Die grootste verbruik was in die Republiek en uitvoer het op beperkte skaal plaasgevind. Sigaretvervaardiging is hoofsaaklik in Johannesburg, Durban en Kaapstad gekonsentreer.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Taalbond (Suid-Afrikaanse)
Volgende onderwerp: Tabak, Wilde
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:00:31 MGT 2024