Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Symons, Generaal-Majoor Sir William Penn
Symons, Generaal-Majoor Sir William Penn [boodskap #124108] So, 13 Januarie 2019 14:42
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Generaal-Majoor Sir William Penn Symons was 'n Britse soldaat. In 1843 in Cornwall gebore. In 1863 sluit hy aan by die 24th Regiment of Foot en veg in die Galeka-veldtog in 1877 in Oos-Kaapland en in die Zoeloe-oorlog van 1879. Nadat hy jare lank krygsdiens gedoen het in Birma, Indië en elders in die Ooste, is hy net voor die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog bevorder tot Generaal-majoor en in Natal gestasioneer. ’n Paar dae na die begin van die vyandelikhede is hy by Talanaheuwel noodlottig gewond en is op 20 Oktober 1899 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Syfret’s Trust Co. Ltd.
Volgende onderwerp: Sysie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:10:44 MGT 2024