Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Sybokhaar
Sybokhaar [boodskap #124104] So, 13 Januarie 2019 14:36
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sybokhaar is 'n dierevesel wat van angorabokke geskeer word. Die invoer van hierdie diere is grootliks te danke aan die ondernemingsgees van die firma, Mosenthal Brothers van Port Elizabeth, wat tydens die jare 1860 daarin geslaag het om die aanteelvee uit Turkye in te voer. Voorheen het hulle die monopolie gehad. Later is aanvullende stamboekdiere uit Klein Asië na die Kaap gebring met die hulp van Cecil John Rhodes. Die bedryf was blootgestel aan baie wisselinge en is hoofsaaklik beperk tot die Karoo en Oos-Kaapland. Op een stadium in 1895 was daar in die Kaap-kolonie alleen 3,000,000 angorabokke, maar teen die 1960's was daar in die hele Republiek slegs 600,000. Jaarlikse uitvoer het destyds nagenoeg 6,500,000 pd. beloop en word bevorder deur ’n koöperatiewe vereniging.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Swinburne
Volgende onderwerp: Sydney-on-Vaal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:09:52 MGT 2024