Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Swellengrebel, Hendrik
Swellengrebel, Hendrik [boodskap #124101] So, 13 Januarie 2019 14:31
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Hendrik Swellengrebel was die eerste Suid-Afrikaans-gebore Goewerneur van die Kaap. Seun van ’n Rus, Jan Swellengrebel, van Moskou, in diens van die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie, en van Johanna Cruse, wat in Suid-Afrika gebore is. Hy is aan die begin van die 18de eeu gebore, sluit aan by die Kompanjie, word in 1737 bevorder tot Sekunde en tot Goewerneur in April 1739. Hy was gewild en het in 1749 slegs uit eie wil bedank. In Maart 1751 is hy vir die eerste keer na Europa aangesien sy seuns daar woonagtig was en sy vrou hom ook vroeër ontval het. Hy is in 1763 in Utrecht oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Swellendam
Volgende onderwerp: Swempie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:35:39 MGT 2024