Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Swellendam
Swellendam [boodskap #124100] So, 13 Januarie 2019 14:30
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Swellendam is 'n dorp in Wes-Kaapland. In 1745 gestig en vernoem na goewerneur Hendrik Swellengrebel en sy vrou, Engela ten Damme, met wie hy in 1728 getroud is. Die dorp is ook belangrik in die Suid-Afrikaanse geskiedenis omdat die eerste plaaslike Boererepubliek in 1795, onder Hermanus Steyn, die landdros, voorouer van president M.T. Steyn, daar gestig is. Later het ’n Swellendamse kommando in die Slag van Muisenberg teen die Britte geveg, as die eerste republikeinse militêre eenheid in die land. Baie sierlike ou geboue uit die vroeë dae het behoue gebly, veral die Drostdy, wat ’n museum en nasionale Monument geword het. Die dorp is naby die Breederivier en die Langebergreeks geleë. Ryk koringproduserende en algemene boerderygebied. Baie jare lank was dit die sentrum van die handelsryk van Barry en Nephews, wat in die Victoriaanse tyd tot die jare 1870 die heerskappy in dié gebied gevoer het. Hulle het hulle eie banknote uitgereik en met hulle eie skepe by Port Beaufort, handel gedryf. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 4,896 (2,511 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Sweefsport
Volgende onderwerp: Swellengrebel, Hendrik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:47:40 MGT 2024