Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Swaweltjie
Swaweltjie [boodskap #124096] So, 13 Januarie 2019 13:38
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Swaweltjie (Martin) (familie Hirundinidae) is 'n klein, langvlerkvoël wat baie in Suid-Afrika aangetref word, waarvan sommige spesies trekvoëls is. Dit verskil van ’n swawel in dié sin dat hy bonkiger of breër gebou is, meer bruin-en-wit van kleur en dat dit ’n gewone stert het. Oewerswawels maak hulle neste in die gate van walle, die Suid-Afrikaanse oewerswawel in klein groepe (kolonies), die gestreepte oewerswawel (’n trekvoël na warmer gebiede) in pare. Honderde kransswawels sit in rye langs die lyste van die Parlementsgebou in Kaapstad en maak hulle neste teen rotswande of mure van huise.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Swartz, Marthinus
Volgende onderwerp: Swaziland
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:46:27 MGT 2024