Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Swarte Ommegang, Die
Swarte Ommegang, Die [boodskap #124087] So, 13 Januarie 2019 13:19
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Swarte Ommegang is die naam wat die Kaapse koloniste gegee het aan ’n omgangshof wat in 1812 gehou is as gevolg van verskeie aanklagte deur eerwaarde James Read, dr. Vanderkemp en ander sendelinge teen die boere aan die Oos-Kaaplandse grens. Hulle is daarvan beskuldig dat hulle hul swart bediendes mishandel het, en dat hulle aggressief teenoor die plaaslike stamme sou wees. 'n Paar beskuldigdes is skuldig bevind, maar die meeste is vrygelaat. Die Swarte Ommegang het groot vyandigheid veroorsaak, en word beskou as een van die vernaamste oorsake van die Groot Trek.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Swart, Charles Robberts
Volgende onderwerp: Swartkoppies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:59:55 MGT 2024